top of page
  • Facebook
  • Instagram

Die Geskenk

Liefde, selfdood en dieper leef

“Op die kombuisvloer sit-lê my man met sy rug na my toe. Sy

ledemate hang slap, soos ’n marionet wat pas sy toutjies

verloor het. Op die toonbank lê sy haelgeweer. Ek weet

dadelik hy is dood.”

 

Die geskenk is die bekende skrywer Riette Rust se ontroerende

ware verhaal, onthutsend eerlik, vol menslikheid en soms selfs

skreeusnaaks. Van haar kinderjare in die Paarl, waar haar pa

whiskey-bottels in die gangkas wegsteek, haar huwelik met JD,

die onbeplande swangerskap en gelukkige gesinsjare, tot dié

oggend, toe Riette se hele wêreld aan skerwe spat.

Te midde van die diepste verskrikking gaan soek Riette na

kennis. Sy studeer sielkunde en lees wyd oor trauma en rou, en

met dié boek deel sy wat sy uitvind. Die geskenk is nie net die

memoires van ’n merkwaardige vrou aan wie die lewe groot

uitdagings gestel het nie. Dit sal ook van groot waarde wees vir

elkeen wat deur selfdood geraak word, met die nuutste

wetenskaplike inligting, van die waarskuwingstekens tot die

skaamte en skuldgevoeles, en ’n hoofstuk oor die verskillende

soorte rou.

Riette, nou skielik “’n weduwee”, is blootgestel aan

skindertonge, geniepsige dominees, en ’n huis wat herstel moet

word. Met Die geskenk bied sy ons die deurleefde wysheid van

iemand wat self daar was. Iemand wat weet dit is moontlik om

weer voluit te leef, selfs al het die ondenkbare gebeur.

 

Hierdie dapper, inspirerende boek sal jou uitkyk op die lewe

vir altyd verander.

- Tafelberg-uitgewers

Die Geskenk.png

© Riette Rust

bottom of page